Solidariteit Helpende Hand-lede by die opening van die Vredenburg-tak: Lizelle de Jager, Lynette Schoeman, Annette van Schalkwyk, Marius Whelan en Carina van Niekerk. Foto: Noluvu Ludidi

Die “Ons Winkels” is Solidariteit Helpende Hand se groep landswye liefdadigheidswinkels, ook bekend as skenkingswinkels, tweedehandse winkels, snuffelwinkels en “thrift stores”.

Hier kan jy jou tweedehandse goedere skenk en dalk self een of twee winskopies raakloop. Die wins wat gemaak word uit die verkoop van jou bruikbare artikels wat jy nie meer gebruik nie, stel Solidariteit Helpende Hand in staat om volhoubare verandering in ons gemeenskap te bewerkstellig.

Ons Winkel het sy deure op Dinsdag 1 Julie in Vredenburg by Hillstraat 8 geopen.

Skenk jou ongebruikte of oortollige produkte of kry vir jouself ‘n winskopie of twee. Skenkings kan ook by jou opgelaai word.

Met die opbrengs van die verkope bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap en pak projekte aan wat gemeenskappe bevorder en ophef.

Die Ons Winkels skep ook werksgeleenthede en dra by tot studiefondse vir jongmense wat wil gaan studeer, maar dit nie sonder hulp kan bekostig nie. Jou skenking is nie sommer net ‘n ou ding waarvan jy ontslae wil raak nie – dit bied iemand ‘n bekostigbare produk en help om jongmense se studiedrome te verwesenlik.

Kontak Annette van Schalkwyk by 061 059 3587 vir nog inligting. As jy graag by enige van Solidariteit Helpende Hand se projekte betrokke wil raak, kontak die streekbestuurder, Alisha de Lange, by 082 923 1438.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025