Die intimidasie van veral winkeleienaars in Vredenburg is weer in die kollig nadat ‘n 19-jarige verlede week weens dié oortreding in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Tania Helfrich, die disrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, het Roneto “Varkie” Pritchard (19) op Vrydag 17 Oktober in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Hy word daarvan aangekla dat hy na bewering op Woensdag 15 Oktober ‘n 38-jarige winkeleienaar in Houtkapperstraat geïntimideer het.

Pritchard het glo die winkel om 09:00 binnegekom met ‘n bottel bier en ‘n R1-munt op die grond gegooi. Die winkeleienaar het hom gevra hoekom hy dit doen, waarop Pritchard hom na bewering vir ‘n sigaret gevra het.

Die winkeleienaar het wel vir hom ‘n sigaret gegee, maar Pritchard het hom glo met bier in die gesig gegooi en gedreig om hom dood te maak voordat hy by die winkel uitgestap het.

Pritchard het glo Donderdagoggend weer by die winkel aangekom en weer vir ‘n sigaret en kos gevra – met ‘n panga in die hand. Hy het die klaer ook weer met geweld gedreig en na bewering sand en klippe in die winkel gegooi.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025