Die afgelope naweek het die Saldanha-buurtwag in samewerking met die polisie, die verkeersdepartement en Saldanhabaai-munisipaliteit se wetstoepassingsafdeling aan ’n geïntegreerde misdaadbekampings-inisiatief deelgeneem.
Die klopjag is deur die Saldanha-polisie gereël en het goeie suksesse opgelewer. Talle verdagtes is in verband met ’n verskeidenheid misdrywe in hegtenis geneem. Die Saldanha-buurtwag en die polisie bedank almal wat by die klopjag betrokke was.
Enigeen wat belangstel om by die Saldanha-buurtwag aan te sluit of ’n bydrae tot hierdie verdienstelike saak wil maak, kan Stephan Hamilton by 083 448 0980 of Neil Groenewald by 073 480 3072 bel.