West Point verkoop aan TerraSan

Die ongenoteerde vismaatskappy, TerraSan, het stil-stil verlede jaar die pelagiese belange van die Saldanha Groep, ’n viskonsultasiespesialis, bekom.


Die ongenoteerde vismaatskappy, TerraSan, het stil-stil verlede jaar die pelagiese belange van die Saldanha Groep, ’n viskonsultasiespesialis, bekom.

Die Saldanha Groep besit onder meer die West Point-visfabriek in St Helenabaai.

Volgens Business Live het Exeo Capital terselfdertyd in TerraSan belê deur sy Agri-Vie Fund II en so as ’n sleutelaandeelhouer in TerraSan aangesluit. Die waarde van die kapitaalinspuiting van Exeo in TerraSan is nie bekend nie.

Exeo en die TBI (Trustee Board Investments), ’n ondersteuner van die Johannesburgse aandelebeurs (JSE), genoteerde maatskappye Accentuate en Efficient, is nou beide beleggers in TerraSan, maar onafhanklik van mekaar.

Volgens Jannie de Wet, finansiële groepbe­stuur­der, is daar geen ver­bin­tenis tussen die twee beleggers nie. TerraSan het akwakultuur­bedrywighede en besit ook aansien­like pelagiese visvangbelange, sowel as mossel- en vismeelondernemings.

Die Saldanha Groep besit ook nog onder meer die Protea Hotel in Saldanhabaai en Jacobsbaai Sea Products.

You need to be Logged In to leave a comment.