Verandering is altyd deel van die lewe.

Soos ‘n mens ouer en volwasse word, besef jy dat dat verandering al konstante in die lewe is.

Soos ons by Weslander al dikwels ervaar het, kom verandering nie altyd met ‘n vooraf-waarskuwing of ‘n handleiding nie.

Soms tref dit jou skielik. Soos om iemand in ‘n ongeluk te verloor of onverwags te hoor dat ‘n redakteur groet. Of die finale toemaak van ‘n drukkery, die oorgang na digitale fotografie en die vermindering van personeel van 20 na ses.

Só het die verkoop van Weslander en al die ander vertroude titels in die Boland Media-groep, soos Paarl Post en Eikestadnuus, verlede jaar soos ‘n berg voor die personeel gelê.

Nege maande later – so lank as wat ‘n swangerskap duur – stel ons nuwe beheer-maatskappy, Novus Media, ons eie webwerf bekend.

Al 21 koeranttitels in die groep – Weslander ook! – se nuus kan nou op die webwerf novanews.co.za gelees word. Elke titel kry ná jare se hoop ook sy eie aanlyn teenwoordigheid waar hiper- plaaslike nuus gedeel sal word.

Weslander-lesers se stories gaan nie meer aanlyn op ‘n verlate deel van soekenjins weggesteek word sodat ander mediahuise se beriggewing oor dieselfde saak eerste raakgesien word nie.

Nee. Dit gaan nou gelees en gedeel word en boonop kan die hele koerant op Maandae by weslander.co.za gratis afgelaai word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025