• Pannies-familie kry nuwe lede
    Die Laerskool Panorama verwelkom juf. Lee Ellen Isaacs (links) en mnr. Jarqeus-Jon Boumeester by die Weskus se Pannies-familie. “Mag die begin van jul nuwe reis by ons skool gevul wees met sukses, groei en vele mooi oomblikke saam met ons leerders en personeel. Ons sien uit na die waardevolle bydrae wat julle tot Pannies, ‘n skool van wenners, gaan lewer,” sê die skool. By hulle is die skoolhoof, Hylton Langley (middel).
  • Alles van die beste, Juffroue!
    St. Andrews Primêr verwelkom twee nuwe onderwyseresse by die skool – juffrou Elsabé Markus (gr. 4A) en juffrou Cindy Rudolph (gr. 5C). Die skool wens hulle alles van die beste toe.

View all E-Editions

Gift this article