Die Instituut vir Sakebestuur (IBM) in Langebaan se Swemmerpark-kantoorpark bied geakkrediteerde aanlynkursusse wat Weskussers met sake-inligting kan bemagtig.
Daleen Stuart is aan die stuur van sake by IBM.
Betroubare diens
Die IBM was een van die eerste opleindingsinstellings wat afstandsonderrig beskikbaar gestel het. Dit het sedert 1973 die geleentheid om ’n kwalifikasie te bekom vir soveel meer mense moontlik en bekostigbaar gemaak. Stuart glo as een van die eerste opleidingsinstellings wat geakkrediteerde MS Office-kursusse as aanlynopleiding aanbied, is IBM ’n aanwins vir inwoners. “Ons bied verskeie soorte opleiding in die Weskusstreek aan en fokus spesifiek op die behoeftes van hierdie gemeenskap.”
’n Passievolle en bekwame span
Die MS Office-projek was destyds ’n inisiatief van Teresa-Ann Ruster, wat dit in samewerking met die IBM op die been gebring het.
’n Meer bekwame span sal jy ook nie kry nie. IBM se opleidingspersoneel is almal Seta-geregistreerde assessors. Dit is egter hul jare ervaring en passie vir wat hulle doen wat hulle merkwaardig maak.
Colette Auret, die administratiewe bestuurder, is sedert IBM se stigting in Langebaan in 2011 lid van die span. Auret is boonop ook ’n geregistreerde assessor en help met assessering tussen haar voltydse administratiewe pligte deur.
“ ’n Ware regterhand en staatmaker; sonder haar sou die IBM nie gewees het waar dit vandag is nie,” meen Stuart.
Stuart en die IBM-Langebaan-span bied tans aanlynstudie sowel as gefasiliteerde klasgebaseerde groepsopleiding.
Die pad na sukses
Stuart sê wat die IBM uitsonderlik maak, is dat die onderneming by verskeie SETA’s (Sector Educational and Training Authority) asook by die Institute of Certified Bookkeepers (ICB) geregistreer en geakkrediteer is.
Die Langebaan-span het sedert sy vestiging heelwat plaaslike opleiding vir sakeondernemings en veral munisipaliteite gedoen.
“Ons kan met trots sê dat ons van die beste fasiliteerders het, puik opleiding verskaf en sertifisering binne ’n week van opleiding afhandel,” sê Stuart.
Vele kursusse om van te kies
“Ons kursusse is bekostigbaar, van hoë gehalte en beskikbaar vir almal. Kursusse kan as afstandonderrig gevolg word in leerders se eie tyd en die gerief van hul huis, teen ’n pas waarmee hulle gemaklik is. Kontaksessies word ook aangebied vir kursusse wat aanlyn gedoen word,” verduidelik Stuart.
En met so baie kursusse om van te kies sal daar sekerlik ’n kursus wees wat elke Weskusser kan help bevorder.
Volledige MS Office-kursusse (van beginners tot gevorderd) en kursusse in boekhouding, publieke administrasie, bedryfsadministrasie, finansiële administrasie en beroepsgerigte kursusse is beskikbaar.
Opleidingsprogramme in konflikbestuur, diversiteitsbestuur en leierskapsvaardighede is net van die programme wat aangebied word.
Weskussers wat bekommerd is hulle sal nie kans kry om hul kursusse te voltooi nie, kan kortkursusse volg. Volledige sertifikaatkursusse is natuurlik ook beskikbaar.
Opleiding vir jou, op jou tyd
Unieke kortkursusse en vaardigheidsprogramme word deur IBM volgens die behoefte van die leerder saamgestel. “Mense het met ons unieke programme byna geen verskoning om hulself nie deur kennis te verryk nie, in ag genome dat dit as tuisstudie gedoen kan word sonder enige eksamens of klasbywoning. Bekostigbare betaalopsies en kortkursusse wat oor ’n tydperk van net sowat drie maande voltooi kan word, is ook beskikbaar,” verduidelik Stuart.
Toegewyde assistente word aan elke leerder toegeken om te help met take en toetse.
Groepsopleiding behels 10 tot 15 mense en elke leerder kry individuele aandag.
IBM glo daaraan dat elkeen hom of haar deur kennis kan bemagtig en van Stuart en haar span se onderneming gebruik te maak blyk dit Weskussers het geen verskoning om voluit vorentoe te gaan nie.. Loer in en laat Jan Mare, Teresa-Ann Rüster, Mary-Ann Stubbs en Rika de Waal jou help. Kontak die IBM-span by support@institutebm.org.za, skakel 022 772 1746 of besoek www.institutebm.org.za.