Weskussers deel van provinsiale jeugraad

Die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement het Saterdag (27 Julie) die provinsie se Jeugparlement verwelkom.


Die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement het Saterdag (27 Julie) die provinsie se Jeugparlement verwelkom.

Die Weskussers Diederik Botha en Shanelle de Villiers was lid van die groep. Die Jeugparlement bestaan uit 40 jeugdiges wat uit die provinsie vir hul setel benoem is.

Die doel van die Jeugparlement is om ’n platform vir jongmense te skep waar hulle aangemoedig word om betrokke te raak by die vorming van die land, sê die parlementslid Lusizo Makhubela-Mashele.

Makhubela-Mashele het in 2013 verduidelik die platform bied die jeug ’n geleentheid om met die Parlement, provinsiale wetgewers, nasionale jeugstrukture en die nasionale regering te skakel oor sake wat hulle na aan die hart lê.

Saterdag se sitting is deur Masizole Mnqasela, speaker in die provinsiale parlement, behartig.

By die geleentheid is twee mense gekies om aan vanjaar se Afrika-parlement in Kigali, Rwanda, deel te neem.

Shanelle, ’n leerder aan die Hoërskool Weston, is in die vierde plek van die vroueafdeling aangewys terwyl Justin Yawe van George en Rayanha Isaacs van Kaapstad as verteenwoordigers gekies is.

You need to be Logged In to leave a comment.