Stoeiers van die Weskus-stoeiklub het aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Jeug-,Vryslag- en Grieks-Romeinse stoeikampioenskap in Pretoria deelgeneem.
Die toernooi het tot ‘n opwindende einde gekom met ‘n vertoning van ongelooflike talent, strawwe mededinging en goeie sportmangees.
Stoeiers van 14 verenigings het deelgeneem.
Twee stoeiers van die Weskus-stoeiklub het as deel van die Cape Winelands-groep deelgeneem.
Die klub is besonder trots op MichealBrown wat ‘n vyfde plek behaal het en Jandre Andries wat ‘n eerste plek behaal het. Andries is as kampioen in die o.16-vryestyl-afdeling gekroon.
McNolan Plaaitjies van die Weskus-stoeiklub bedank die Hemelse Vader, die stoeiers vir hul harde werk (op én weg van die mat af) en die afrigters en ouers en vir hul ondersteuning wat tot die klub se sukses bydra, die Cape Winelands-groep, die SA Stoeifederasie en al die klub se skenkers.
Die klub nooi alle geesdriftige meisies, seuns of seniors om hulle te besoek, of skakel 083 842 3666 vir nog inligting.


