Weskus Skool het pas sy hoofleiers met trots aangekondig.
Hierdie leerders het besonderse leierseienskappe en het die mooiste uitkyk op die lewe, sê die skool.
Cassidy Henderson (onderhoofmeisie) is ingestel op die welstand van die ander leerders en het “die mooiste hart”.
Taylinn Cruywagen (hoofmeisie) is op haar beurt bekend vir haar vaardighede op die baan as deel van die skool se eerste netbalspan en haar passie vir haar werk is aansteeklik.
Tino du Toit (hoofseun) is ’n uitmuntende sokkerspeler en is besonder kreatief.
Devon van Rooy (onderhoofseun) se voete wikkel in die stof – hy is een van Clanwilliam se beste rieldansers en het die gawe “om mense se dag op te kikker”.
“Hierdie span se persoonlikhede vul mekaar aan en ons sien ’n blink toekoms vir elkeen. Weskus het diamante vir leiers vir 2021 en hierdie is vir seker ’n baken van hoop in hierdie pandemie,” sê die skoolbestuur.