Weskus Skool stel rekords op

Daar is hoog gespring en vinng gehardloop terwyl vele Weskus-skole die afgelope naweek hul kleure-atletiekbyeenkomste gehou het.


Daar is hoog gespring en vinng gehardloop terwyl vele Weskus-skole die afgelope naweek hul kleure-atletiekbyeenkomste gehou het.

By Weskus Skool se atletiek op Vrydag is verskeie rekords oortref.

Lize-Ann Diergaardt (o.15) se 1,35 m sprong in die hoogspring het die vorige rekord laat spat. In die verspring het Jaynelle Swartz (o.16) ’n nuwe rekord gesprin met 4,50 m.

In die velditems was Lourens Lotter (o.17) ’n uitblinker met ’n 29,50 m diskus gooi en ’n 10,9 m gewigstoot gooi.

In die meisies se hoogspring het Angeline Brown (o.17) ’n rekordhoogte van 1,45 m gespring.

By Laerskool Saldanha, St. Andrews Primêr en Jurie Hayes is geen nuwe rekords gestel nie.

You need to be Logged In to leave a comment.