Die Weskus Sakekamer is een van net drie sakekamers wat gekies is om deel te vorm van die Peers-projek, gefinansier uit België.

Christo Botes, president van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI), het dit bekend gemaak by die Weskus Sakekamer se algemene jaarvergadering. Die ander twee sakekamers wat deel is van die projek is die George Sakekamer en die Mieliehoofstad Sakekamer in Bothaville.

Die projek behels onder meer finansiering van kapasiteitbou om alle besighede op alle vlakke in te sluit asook die inbring van vroue en jeug; “twinning” (wat behels vennootskappe en samewerking met voorheen benadeeldes) en georganiseerde besigheid; opleiding van 30 entrepreneurs en plaaslike ekonomiese ontwikkeling waar ondernemings met die plaaslike owerhede hande vat in plaaslike bestuur, die aanpak van projekte en die bou van vertrouensverhoudings.

By navraag het Botes gesê hy hoop hierdie drie loodsprojekte, waarvan Weskus Sakekamer ’n begunstigde is, sal lei tot verdere projekte elders. “Dit het samewerking ten doel en dat plaaslike owerhede en sakebedrywighede nie los van mekaar staan nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025