Die Riebeek-Wes-polisie het verlede Woensdag (9 Julie) altesaam 12 halwe mandrax-tablette, 14 klein sakkies dagga en los dagga by die 75-jarige Jackson Ntaka gekry. Hy het Donderdag 10 Julie in die rondgaande landdroshof op die dorp verskyn.

Die Vredenburg-polisie het beslag gelê op 68 mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van R3 000. Dit is verlede Woensdag (9 Julie) by ‘n Nigeriese burger gekry wat probeer het om van die polisie af te vlug. Ifaneyz Ebozue (39) het Donderdag 10 Julie in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 22 January 2026
    Weslander E-Edition – 22 January 2026

Gift this article