Die tyd het vinnig gevlieg sedert dr. Hester van der Walt en haar man, Gabriël Smit, in 2010 van Oos-Londen in Vredenburg aangekom en sy haar praktyk oorkant die private hospitaal geopen het.

Dr. Hester – haar noemnaam onder pasiënte – is reeds 42 jaar in die mediese beroep. Saam met haar personeel –

Michelle Thiart, Ilze Coetzer, Cheinerees Papier Fransman en suster Reinette Kruger – word die praktyk elke week deur ouers, oupas en ander met hul kinders, kleinkinders en babas besoek vir enigeiets van inentings tot kinkhoes en ADHD. Sy woon ook gereeld bevallings by die Life Weskus- private hospitaal en die plaaslike staatshospitaal by.

Só het baie van die kinders aan die Weskus asook van so ver as Springbok, Upington en Vredendal reeds by haar ‘n draai gemaak.

Dr. Hester het aan die universiteite

Stellenbosch, die Vrystaat en Wits studeer en in 1983 as geneesheer gekwalifiseer. Babas en kinders is haar spesialiteit sedert sy haar M.Med. (Paed) in 1991 as pediater aan die Universiteit van die Vrystaat verkry het. Sy is ‘n Karoo-kind uit Prieska en was onder meer die senior pediater van die staat in Oos-Londen en in George nadat sy ook in Kroonstad en Bloemfontein gewerk het.

Hoewel sy en haar man strenggesproke “inkommers” aan die Weskus is, het hulle hulle in Vredenburg tuisgemaak, waar hulle woon.

Weskus Pediatrie wil alle ouers, skole, geneeshere, organisasies en die plaaslike hospitale hartlik bedank vir die goeie samewerking deur die jare.

“Met die voorgenome verbeterings en uitbreidings van die gebou waarin die praktyk tans is om onder meer ander mediese dienste te huisves [met genoegsame parkeerplek] sien ons daarna uit om nog jare lank gehaltediens in die naam en tot eer van Jesus Christus te verskaf.”

Cheinerees Papier Fransman, Weskus Pediatrie se gasvrou, sit fluks hand by.
Dr. Hester by haar eerste pasiënt aan die Weskus, die 15-jarige Oscar Kannemeyer, en sy pa, Oswin.
Dr. Hester in haar spreekkamer in 2010, wat nou Pathcare se tuiste is.
Michelle Thiart, Weskus Pediatrie se ontvangsdame.
Ilze Coetzer doen Weskus Pediatrie se boekhouding.
Suster Reinette Kruger van Weskus Pediatrie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 December 2025
    Weslander E-Edition – 4 December 2025

Gift this article