Die Wes-Kaap gaan volgende jaar die Netbal Wêreldbeker aanbied en die Weskus maak gereed.
As deel van die aanloop tot die geleentheid sal die departement van kultuursake en sport die Weskus-distriknetbalmobilisering op Saterdag 24 September by Hoërskool Hopefield se sportterrein in Hopefield aanbied.
Dit vorm deel van die departement se veldtog na aanloop tot die Netbal Wêreldbeker wat in die Wes-Kaap gehou sal word. Premier Alan Winde en minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, het vroeër vanjaar “Netbal Vrydae” van stapel gestuur om die gees vir volgende jaar se geleentheid aan te wakker. Die doel is om almal aan te moedig om elke Vrydag hul netbal-uitrustings aan te trek om hul ondersteuning vir die SA-span te wys. Maak dus seker om Saterdag ’n draai in Hopefield te maak vir die eerste van die distriknetbalmobilisering.
Alle netbalspelers-, liefhebbers- en entoesiaste is welkom.