Weskus-leerders kyk na toekoms

Hoërskool Vredenburg en die Weskus Sakekamer het Weskus-leerders verlede week met die loopbaan-ekspo gehelp om aan hul toekoms te beplan.


Hoërskool Vredenburg en die Weskus Sakekamer het Weskus-leerders verlede week met die loopbaan-ekspo gehelp om aan hul toekoms te beplan.

Die ekspo het uitstallers van plaaslike sakeondernemings en instansies asook departemente gehad wat leerders meer kon vertel oor al die beroepe of studierigtings wat hulle ná skool kan volg.

Alles van die weermag tot rekenmeesters is by die ekspo gedek.

Die organiseerders het die leerders vir hul deelname en belangstelling in die eerste ekspo bedank.

“Ons kon dit nie sonder die inkoop van sakeondernemings en ander instansies gedoen het nie. Ons het goeie terugvoer van sakeondernemings én leerders gehad. Ons kon nie vir beter deelname gevra het nie,” het Rassie Nortier van die Sakekamer laat weet.

“Ons sal graag wil sien dat ander skole van die omgewing hul leerders sal motiveer om dit beter by te woon, want die doel is dat hulle ook kan sien watter werksgeleenthede aan die Weskus beskikbaar is.”

You need to be Logged In to leave a comment.