Die Weskus Jeugorkes (WCYO) is trots om aan te kondig dat hy ruim finansie-
ring van die Rupert-stigting ontvang het om ‘n nuwe stel keteltromme vir sy senior orkes te koop.
Die orkes het dringend nuwe keteltromme benodig aangesien die vorige stel ná jare oud en stukkend was.
Hierdie hupstoot verhoog die gehalte van die orkes se klank en optredes en waardevolle geleenthede vir die onderrig en ontwikkeling van die senior orkes-perkussiestudente.
Die perkussie-afdeling en hul tutor, Marna Smit, is verheug oor die nuwe tromme wat summier in die volgende orkesrepetisie gebruik is. Dit sal as deel van WCYO se 30-jaar-vieringskonsert op Vrydag 17 Oktober die middelpunt van die verhoog wees.
WCYO samel nog geld in om ‘n
vierde trom aan te skaf, wat die stel sal voltooi. “Dit is ‘n wonderlike gevoel om op die nuwe tromme te speel,” het Lindi Blomerus, ‘n gr. 11-leerder en leier van die perkussie-afdeling, gesê.
“Die klank is ongelooflik, en dit motiveer ons nog meer om ons beste te gee.”


