Van links: Heinrich Robertson van die Weskus-distriksmunisipaliteit, die raadslid Monde Stemele, die speaker, Kallie Louw (WKDM), dr. Ivan Meyer (Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme), Verna Maarman (WKDM) en Jacqulene Melenephy (WKDM).

Die Weskus-distriksmunisipaliteit, in samewerking met Weskus Toerisme, het hul deelname aan die jaarlikse Africa Travel Indaba 2025, Afrika se voorste reis- en toerismehandelskou,wat by die internasionale konferensie-sentrum in Durban aangebied is, op ‘n suksesvolle en hoë noot afgesluit.

Die internasionale platform het ‘n betekenisvolle geleentheid vir die besoekers van die Weskus ingehou waartydens hulle die streek se uiteenlopende toe-

riste-aantreklikhede ten toon kon stel, strategiese vennootskappe binne die be-

dryf kon vorm en waardevolle kennis met toerismeleiers van oor die vasteland en verder kon deel.

“Vanjaar se Indaba het die wêreldwye vraag na egte, gemeenskapsgedrewe toe-

riste-ervarings bevestig.

“Ons bly daartoe verbind om vennootskappe te koester wat toerisme versterk en langtermynvoordele aan al ons gemeenskappe bring,” sê Jacqulene Melenephy, toerismebemarkingsbeampte van die Weskus-distriksmunisipaliteit.

Namate die geleentheid vir nog ‘n jaar tot ‘n einde kom, keer die Weskusspan met nuwe inspirasie en energie terug – gereed om voort te bou op die verhoudinge wat in hierdie insiggewende week gesmee is.

Hoogtepunte gedurende die Indaba sluit in strategiese netwerksessies, be-

vordering van toeristebestemmings, die aktivering van die Swartland se wyn-

roete, die uitruil van kennis met betrekking tot toerisme tussen die Weskus en Mosambiek en die daarstelling van ‘n platform vir volhoubare groei.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 February 2026
    Lees Weslander se nuutste stories en kenmerke gerieflik aanlyn in ons e-edition op Weslander.co.za.

Gift this article