Jaydin Coetzee, Divano Fallet en Danwill Coetzee het Saterdag 17 Augustus aan die Weskus-landloopkampioenskap deelgeneem. Die geleentheid is by Sederberg Primêr in Clanwilliam gehou. Divano het aan die o.12-wedloop deelgeneem en vierde geëindig. Jaydin was die naaswenner in die o.16-wedloop terwyl Danwill ook die tweede plek, maar in die o.15-afdeling, losgehardloop het. Al drie het na die komende Wes-Kaapse landloopkampioenskap by die Hoërskool Hottentots Holland in Somerset-Wes deurgedring.


Weskus-blitse deur na provinsiale ronde

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article