Januarie volgende jaar gaan 1 380 leerders hul tasse kan neersit in Hoërskool Louwville se nuutgeboude klaskamers.
Bouwerk aan die skool ten bedrae van R65 miljoen behoort volgens die departement van vervoer en openbare werke in Desember klaar te maak.
Die leerders kry op di e oomblik onderrig in tydelike klaskamers op die perseel.
Die grootste gedeelte van die skoolgeboue bestaan uit omraamde betonstrukture en ’n mengsel van siersteen en geverfde mure.
Die voltooide skool gaan 19 junior en 19 senior klaskamers hê, vyf wetenskaplaboratoriums, twee spesialisklaskamers en ’n veeldoelige klaskamer.
Daar gaan ook badkamergeriewe, ’n administratiewe gebou, opsigtersgebou en sportvelde wees.
Die boukontrakteur werk tans aan die binne-afwerking van die klaskamers en is besig om mure te teël, plaveisel te lê en die op- en aflaaigeriewe te voltooi.
Die werkers aan die projek sluit 59 plaaslike mense in.