Rolbal verg fyn tegniek en vernuf. Foto: Alida Buckle
Rolbal verg fyn tegniek en vernuf. Foto: Alida Buckle

Die wenners van die Lagoon-rolbalklub op Langebaan se Somersakeliga is gisteraand (Donderdag 16 Oktober) gekroon, ná  ʼn strawwe eindronde.

Twaalf spanne het dit uitgespook, met PJ Toilets wat Headline Blinds met  ʼn verblindende 27-2 punte geklop het om as algehele wenner uit die stryd te tree. Headline Blinds neem die tweede plek in.

Die knap span van PJ Toilets wat die somersakeliga gewen het, is van links Etienne Schutt (klubpresident), Steve Rickman, Chris Albertyn, Jill Snyman (Skipper), Herman van Lill (sameroeper van die Sakeliga) en Flippie Snyman. Foto: Alida Buckle
Die span van Headline Blinds het tweede gekom.

Die top-ses wenners in elke afdeling – Afdeling 1 wat die aflope maande op Dinsdagaande teen mekaar gespeel het, en Afdeling 2, wat dit op Donderdagaande uitgespook het – het die eindronde gehaal.

Die sakeliga het begin met 26 spanne. In die eindronde het  ʼn span uit elke afdeling dit teen  ʼn span van die ander afdeling dit uitgespook vir derde, vyfde, sewende, negende en elfde plek.

Die uitslae is as volg:

  • Copy & Paste het teen verwagtinge in Eco Sport met 18-9 gewen om derde te eindig
  • Die span van Boesmanland-slaghuis het vyfde geëindig deur Magic Services te wen met 16-8 punte.
  • Alu Station en Hyundai is gesamentlik sewende, elk met 12 punte.
  • Rolling Rebels het negende geëindig deur Tweede Kans met 11-9 te klop.
  • MJ Geomatic het Comtel met 16-12 gewen en daarmee elfde geëindig.
Die span van Copy & Paste wat uitstekend gespeel het. Foto: Alida Buckle
Die span van Copy & Paste wat uitstekend gespeel het, is van links Etienne Schutt (klubpresident), Gabrielle en
Tiaan van Wyk, Gabrielle Van Wyk, Ryen Etzebeth , Monique Large en Herman van Lill (sakeliga-sameroeper). Foto: Alida Buckle
Eco Sport het vierde geëindig. Foto: Alida Buckle
Eco Sport het vierde geëindig. Foto: Alida Buckle
Die manne van die Boesmanland-slaghuis het vyfde opgeëindig. Foto: Alida Buckle
Die manne van die Boesmanland-slaghuis het vyfde geëindig. Foto: Alida Buckle
Magic Services het sesde op die punteleer geëindig. Foto: Alida Buckle
Magic Services het sesde op die punteleer geëindig. Foto: Alida Buckle
Alu Station en Hyundai het gesamentlik in die sewende plek die liga klaargemaak. Foto: Alida Buckle
Alu Station en Hyundai het gesamentlik in die sewende plek die liga klaargemaak. Foto: Alida Buckle
Die Rolling Rebels het negende geëindig. Foto: Alida Buckle
Die Rolling Rebels het negende geëindig. Foto: Alida Buckle
Tweede Kans het tiende klaargemaak. Foto: Alida Buckle
Tweede Kans het tiende klaargemaak. Foto: Alida Buckle
MJ Geomatic wat elfde in die Top-12 geëindig het.
Comtel in die twaalfde plek. Foto: Alida Buckle
Comtel in die twaalfde plek. Foto: Alida Buckle

Volgens die organiseerders was die sakeliga so gewild dat die spelers van die 26 spanne nie wou gehad het die liga moet eindig nie.

Die sakeliga gee die Lagoon-rolbalklub  ʼn geldelike hupstoot om onder meer die gronde op te knap en in stand te hou, maar belangriker is die aankweek van  ʼn liefde vir die sport.

Vir die klublede is dit lekker om aan die begin van elke sakeliga die nuwelinge touwys te maak en die fynere kunsies en tegnieke aan te leer. Die reëls moet ook verduidelik word.

“Teen die derde aand kan ons maar terugstaan, dan weet almal wat om te doen,” het Herman van Lill, sameroeper van die sakeliga, gesê.

Die volgende sakeliga vind in die eerste kwartaal van 2026 plaas. Datums sal nader aan die tyd deurgegee word.

HIer is van die aksiefoto’s geneem deur Alida Buckle.

*Indien jy van die foto’s wil aflaai en aanstuur, gee asseblief net erkenning aan Weslander om die redaksie se harde werk en die tyd wat spandeer is om dié geleentheid by te woon, te respekteer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025