Wat moet jy doen om jou naam in dieselfde asem as Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Jan Vermeulen en Nanette van Rooyen genoem te kry? Jy moet daai storie wat al só lank in jou kop broei nou dadelik begin skryf – en net dálk is jy die volgende wenner van LAPA se befaamde Jeugromankompetisie.

Indien jy wonder of jy genoeg tyd het om ‘n goeie storie iewers te gaan uitsnuffel en neer te pen, moenie bekommer nie. Jy het nog die hele jaar tyd om seker te maak jy kom in aanmerking vir een van die fantastiese pryse ter waarde van R60 000. Die algehele wenner ontvang R30 000 vir die wenboek en die twee naaswenners ontvang elk R15 000. Selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, het steeds ‘n kans dat hul stories gepubliseer word.

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om al daai wonderlike stories wat die wêreld vol lê, op te raap, neer te skryf en met hom en sy lesers te deel.

Inskrywings sluit op 30 November.

• Besoek www.lapa.co.za vir nog

inligting. Maak seker jy bestudeer die kompetisiereëls goed.

Die prysgeld is soos volg:

• Prys vir merkwaardige jeugverhaal: R30 000

• Naaswenners en derde plek: R15 000

• Stuur e-pos na lapacompetitions@

penguinrandomhouse.co.za vir nog

inligting en inligting hoe om in te skryf.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025