Lizz Meiring bring Van die rak af Saterdag (27 April) na Die Koelkamers. Volgens die menslikebiblioteek-konsep word die mensdom beskou as ’n versameling boeke, met elke mens se unieke storie iewers op die rak. Om mekaar beter te verstaan en vooroordele uit die weg te ruim, neem jy ’n mens uit soos wat jy ’n boek sou uitneem. Die veelsydige Lizz Meiring bring ’n versameling karakters – werklik, histories, fiktief, mitologies – na die verhoog met hul eie verhale wat wissel van skreeusnaaks tot hartverskeurend. Die vertoning begin om 17:00 en kaartjies kos vanaf R184. Besoek www.diekoelkamers.com om te bespreek.