Hier volg nog restaurante met lekker specials om van te kies:

. Daikato Enterprise is ’n nuweling in die Ipic-sentrum op Vredenburg. Hulle bied Oosterse gunstelinge soos sushi, asook slaaie, seekos en vir die soettand kaaskoek met koffie of sap vir net R25. Elke Donderdag is daar “soveel as wat jy kan eet sushi” vir R150.

0 Marchel, 073 715 2537; e-pos: daikato­enterprise@gmail.com; Facebook: Daikato Enterprise. Oop: Maandag tot Donderdag 10:30-20:00; Vrydag en Saterdag: 10:30-22:00.

. Nossab Visserye en Doepies Take Aways in Voortrekkerweg 113A, Velddrif, en De Villiersstraat 3, Velddrif, is ou bekendes.

Nossab Visserye verkoop ’n wye verskeidenheid vars en bevrore produkte. Dit sluit in vars snoek, harders, bokkoms, kabeljou, witstompneus asook garnale, mossels, aas, kreef en ’n menigte ander vars seekosse. Hulle verkoop ook hoender, spek, skyfies en vele meer.

Doepies Take Aways verkoop Weskus-wegneemetes. Stokvis, snoek en calamari met skyfies is ’n groot gunsteling asook hul burgers, geroosterde broodjies en slaaie. ’n Groot verskeidenheid borde met versnaperinge kan ook bestel word.

0 022 783 1382 (Velddrif) en 022 783 2433 (Laaiplek); e-pos: gerberbasson@gmail.com; webblad: www.nossab.co.za.

Nossab Visserye: Maandag tot Vrydag 09:00-18:00; Saterdag 09:00-13:00.

Doepies Take Aways: Maandag tot Saterdag 09:00-20:00.

. Sandstone Café & Lounge, geleë in ’n historiese 19de-eeuse gebou in Hoofstraat, Saldanha, bied ’n panoramiese uitsig oor Saldanhabaai.

Geniet enigiets van burgers tot pizzas of net ’n koue nattigheid in ’n ontspanne atmosfeer. Musiekoptredes by geleentheid.

0 022 714 1574; Facebook: The Sandstone Café & Lounge, Saldanha Bay.

Oop: Maandag tot Donderdag 11:00-23:00; Vrydag en Saterdag 11:00-14:00; Sondag 11:00-16:00.

. Die Visvlekhuis is ’n ten volle gelisensieerde restaurant geleë met ’n pragtige see-uitsig in die Laaiplek-hawe.

Kom geniet hul spesiale breakfast bun (patty, kaas, spek en eier op ’n broodrolletjie) met slaptjips en koffie vir net R30, sewe dae ’n week.

Woensdae is die burger special – koop enige burger met tjips en kry een verniet by!

0 071 917 4521/022 783 0553; e-pos marie.steyn1946@­gmail.­com. Facebook: Visvlekhuis Take Aways.

Oop (buite seisoen): Maandag tot Saterdag 09:30-19:30; Sondag 09:30-17:00. Die kroeg is oop tot laat saans en daar is gereeld musiekoptredes.

You need to be Logged In to leave a comment.