Vyf in hof ná huisrooftog

Vyf verdagtes tussen 34 en 38 jaar het Maandag (2 September) op aanklag van ’n huisrooftog in die hof verskyn.


Vyf verdagtes tussen 34 en 38 jaar het Maandag (2 September) op aanklag van ’n huisrooftog in die hof verskyn.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, volg dit nadat die verdagtes Saterdag (31 Augustus) om 02:35 by die skuifdeur van ’n woning in Longacres, wat glo op ’n skrefie oop was, toegang tot die huis gekry het.

“Die rowers het klapmusse aangehad en die 24-jarige klaer beveel om stil te bly. Hulle het met haar skootrekenaars, Ipad, selfoon, beursie en oorfone gevlug.

Die rowers is in die Melkbosstrand-gebied voorgekeer en in hegtenis geneem.

“Hulle het met ’n huurmotor gery,” sê Helfrich. Sy lê klem daarop dat die publiek alle deure en vensters, wat nie toegerus is met diefwering nie, te alle tye gesluit moet hou. “Rowers soek maklike toegang tot jou huis en met veiligheidstoerusting beskerm jy jou lewe en dié saam met jou in die huis.”

You need to be Logged In to leave a comment.