Sowat 200 vroue het ter viering van Vrouemaand bymekaargekom waar hulle vereer is. Die geleentheid is Saterdag (27 Augustus) by die Langebaan-boetiekhotel en spa in Langebaan aangebied. Die byeenkoms, wat deur Carmen Rodgers, Zharon Damonse en Thamodran Kasavelu Chettiar, die direkteur van die hotel, gereël is, was ’n reusesukses. Volgens Rodgers word beplan om hierdie saamtrek, waar vroue gevier word, ’n jaarlikse instelling te maak. Links staan Alicia Bokbaart, Rodgers en Kasthuri Chettiar.


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article