Die Hoërskool Vredenburg het sy verjaarsdag met ’n ‘karnaval’ by die skool gevier. Leerders het veral die spookhuis geniet en versnaperings soos potato twirls, spookasem, springmielies en kolwyntjies is verkoop. Daar was vermaak in die vorm van armdruk, kussinggevegte en tafeltennis. Meer as R15 000 is ingesamel. Die skool het sy borge en almal wat deelgeneem het vir hul bydraes bedank.


Vredenburg vier verjaarsdag

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 22 January 2026
    Weslander E-Edition – 22 January 2026

Gift this article