Dansers van die Vredenburg-dansskool het onlangs as gaste opgetree by die Royal Academy of Dance West Coast (RAODWC) se eerste konsert.

Die Vredenburg-dansskool staan onder leiding van Dina Fourie, ‘n ervare balletonderwyseres met 56 jaar ondervinding en al 40 jaar ‘n gekwalifiseerde Royal Academy of Dance-instrukteur.

Dina Fourie, die doyen van dans aan die Weskus. Foto's Sonja Kruger
Dina Fourie, die doyen van dans aan die Weskus. Foto’s Sonja Kruger

Volgens Fourie gaan dit oor soveel meer as net dans. “Balletklasse bied meer as net selfdissipline, stiptelikheid en netheid. Dit bou ook aan kinders se selfvertroue en verbeter hul selfbeeld.”

Sy voeg by dat baie gesinne vandag met uitdagings worstel, waaronder afwesige vaders. Sy meen ballet is ‘n veilige plek waar alle kinders ondersteuning kry.

Deur ballet en haar ervare onderrig probeer sy sekere waardes by haar studente vestig – dissipline, menswaardigheid, respek vir ander, verbeterde konsentrasie, fokus en gesonde leierseienskappe. “Dans help kinders om hul emosies op ‘n gesonde manier uit te druk. Dit help bou aan hul karakter en gee hulle iets om op trots te wees,” glo Fourie.

Die Vredenburg-dansskool wil graag die gemeenskap bedank vir elke omgeehart wat tot die Vredenburg-dansskool se groei en die ondersteuning vir Du Plessis se loopbaan en klasse in Hopefield bydra. “Die teenwoordigheid van die dansfamilie is meer as wat woorde kan beskryf.

“Met meer as vier dekades van passie, toewyding en talent bly die Vredenburg-dansskool ‘n ligpunt in die gemeenskap – ‘n plek waar drome dans en kinders kan groei,” het Fourie gesê.

Foto’s Sonja Kruger.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article