1. Vertel ons ’n bietjie meer oor jou agtergrond en jou sakevernuf?
Ek was vir byna 20 jaar in die korporatiewe wêreld waar ek onder meer op finansies en opleiding in kritiese denke gefokus het. In 2004 het ek die wêreld van entrepreneurskap betree en die afgelope tyd fokus ek op die verkoop en bemarking van eiendomme asook sake-eenhede.
2. Wat is die rol van ’n sakekamer in die gemeenskap?
Die grootste rol van ’n sakekamer is die skepping van welvaart in die omgewing. Inklusiwiteit moet aan die order van die dag wees om samewerking tussen sakeondernemings, die munisipaliteit en ander staatsinstellings te fasiliteer.
4. Watter waarde voeg jy tot die sakekamerbestuur toe? Ek glo my kennis van die sakewêreld, ons land se politieke landskap asook die uitwerking wat dit op ekonomiese groei en ontwikkeling het, is my beste kwaliteite. My verwysingsraamwerk is omgee en om ’n verskil te maak. Netwerk is ’n sterkpunt en ek sal ’n Weskus-ambassadeur wees om beleggers na die mooi streek te lok. Ek is ’n kreatiewe denker en hou van uitdagings.
5. Wat is jou visie vir die Weskus se ekonomie?
Ek wil die Weskus bemark as ’n location of choice vir die sakegemeenskap. Ons streek bied so baie en entrepreneurs moet positief wees en geleenthede kan raaksien ten spyte van uitdagings soos werkloosheid en politieke onstabiliteit.