Maggie Enever staan agter en Irene Barends sit vir die pret in die rolstoel. Foto’s: Wilna Marx, (‘n sekretaresse by St Helenabaai-VLV).

Die Kaapland-vrouelandbouvereniging (VLV) se St Helenabaai-tak het besluit om vanjaar se “Bejaardes maak saak!”-projek te omarm.

Hulle het een van hul dorp se nie-regeringsorganisasies, Call to Serve, van ‘n rolstoel en ‘n draagbare toilet voorsien.

Maggie Enever, die takvoorsitter, het die hulpmiddels op die opvoedingsvergadering aan Irene Barends van Call to Serve oorhandig.

Call to Serve is ‘n nie-regeringsorganisasie wat baie doen om behoeftige mense by te staan. Hulle leef hul oproep tot diens uit deur met ander gesondheidsorggeriewe, hospitale, die departement van maatskaplike dienste, die polisie en ander nie-regeringorganisasies en ander rolspelers te netwerk.

“Call to Serve bring ‘n positiewe verandering in die St. Helenabaai-gemeenskap en help om mense op te hef en byeen te bring,” het Barends gesê.

Veronica Potolozi by die mobiele toilet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025