Vir nege maande
het jy my gebaar
Swaargekry, met pyne in die aande
jou eie lewe stel jy in gevaar
Ek was toe gebore
en jy’t my grootgemaak
Wel, ek’s nou nog verlore
al dink ek al my opinies maak saak
Trappertjie trap, tel ek my treë
te bang om ’n fout te begaan
Jy het my geleer, ken Hom in al jou weë
en dis vandag die eerste keer wat ek dit verstaan
Vrou-alleen, deur dik en dun,
het jy my die lewe gewys
En saam kan ons al die bose oorwin
Selfs al word jy ’n bietjie grys
Daarom kan ek jou met trots Ma noem
En elke sekonde weg van jou af,
laat gevoelens van angs in my kop zoem
wat maak dat ek net in jou arms wil draf
Daarom sal ek die wêreld teruggee aan jou
Net soos jy dit aan my gegee het
Al moeite wat jy vir my gedoen het
Sal ek altyd onthou.
Ek skryf hierdie gedig
vir jou, en net vir jou. – Shinique Olivier, Hoërskool Vredenburg