‘Vingerhoedhuisie’ word woonstelblokke

Inwoners van Saldanha kan binnekort ’n bouery by die omstrede vingerhoed­huisie verwag.


Inwoners van Saldanha kan binnekort ’n bouery by die omstrede vingerhoed­huisie verwag.

Die vingerhoed­huisie op die hoek van Kamp- en Manitokastraat, Saldanha, is ’n bekende baken in die dorp.

Louis de Wet, die eienaar van die huis, meen die drie nuwe luukse woonstelblokke genaamd Manitoka on Sea sal goed wees vir die dorp se aansig in die sin van nuwe ontwikkeling.

Oor die jare het inwoners hul kommer begin uitspreek oor die toestand van die huis en hoe dit agteruitgegaan het.

De Wet het aan Weslander vertel dat hy al duisende rande bestee het om die huis te beveilig.

Hy het die vingerhoed­huisie in 2008 gekoop en was in 2023 al gereed om te bou en het reeds toestemming van die Erfeniskomitee gekry om te begin sloop, met ’n appèltydperk wat gegeld het.

Ná vier appèlprosesse en baie geduld het De Wet uiteindelik die goedkeuring van die munisipaliteit ontvang vir die planne vir die bou van woonstelblokke.

“Daar word vereis dat die fasade van die gebou bewaar moet word, maar die res kan gesloop word tot eenvertrekdiepte toe.

“Ná 18 maande van wag is ek baie opgewonde om te begin bou en sien uit na die eindproduk,” het De Wet gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.