Van die Mandrax-tablette wat in ‘n verdagte motor op die R27 gekry is. Foto: SAPD

Twee mans en twee vroue, vermeende dwelmhandelaars, is die afgelope Maandag (29 September) tydens ‘n roetine-stop op die R27 voorgekeer.

Denzel Lawrence (29), Natasha Pieters (50), Shumeez Jonas (31) en Rizah Clayton (42) is in hegtenis geneem nadat polisielede gesien het hoe hulle sakke by die ruit van die ‘n silwer Volkswagen TDI uitgooi.

Volgens kapt. Tania Helfrich, distriks- woordvoerder van die Weskus-polisie, het polisiebeamptes van die Weskus- landelike blitspatrollie omstreeks 18:00 beamptes van provinsiale verkeer bygestaan om die verdagtes in hegtenis te neem nadat die verkeersbeamptes die sakke deursoek en dwelms daarin gekry het.

Die motor is na die Langebaan-polisie­kantoor geneem. Die blitspatrollielede het ook Mandrax-tablette onder die ratkas versteek geskry.

Twee sakke tablette is ook onder die noodwiel gekry.

Die vier verdagtes het gister in die Hopefield-landdroshof op aanklag van die onwettige handel in dwelms verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025