Vier fees, ja, maar wees spaarsamig

Dit is altyd beter om die nuwe jaar met ’n positiewe bankbalans te begin, glo Martin Fourie, finansiële beplanner van Old Mutual.


Dit is altyd beter om die nuwe jaar met ’n positiewe bankbalans te begin, glo Martin Fourie, finansiële beplanner van Old Mutual.

“Gee eerder aan jouself ’n geskenk wat jou nog lank in die toekoms sal dra: werk nou al ’n geldplan en gelddoelwitte vir die komende jaar uit,” sê Fourie.

Sy wenke is:
. Beplan jou begroting noukeurig. Gebruik Old Mutual se ??aanlyn-begrotingsprogram om uitgawes te beplan en moontlike oorbesteding te voorkom. Laai dit af by www.oldmutual.co.za/personal/financial-planning/tools-and-calculators/budget-tool
. Hou jou vakansiebestedingsbegroting in ’n aparte rekening van al jou ander bankrekeninge.
. Hou tred met jou geld met die 22seven­-app. Dit is ’n handige toepas­sing wat ’n gekonsolideerde beeld gee van al jou bankrekeninge, winkelkaarte, lenings, beleggings en belonings.
. Ongelukkig beleef selfs die bes gemaak­te planne soms onvoorsiene terugslae. Praat met ’n finansiële raadgewer, vóór dit te laat is en laat jou skuld konsolideer.
. Belê eerder ekstra geld in ’n aftree­fonds of kinders se opvoeding as om onnodige groot en/of duur geskenke te koop.

You need to be Logged In to leave a comment.