Blink gevryf en reg vir die pad.

Veteraanmotorliefhebbers het Saterdag 16 Desember aan die jaarlikse veteraanmotor­k­om­petisie in Laaiplek deelgeneem.

Nege manne het Saterdag hul spogmotors uitgestal en meegeding vir twee wisseltrofees.

Deelnemers is almal deel van die plaaslike Ou Manne Saamryers-klub.

Die wenner van die Veterane Trofee was Hentie Koen wat met die eerste prys weggeloop het.

Koen se Chrysler New Yorker was die topmotor van die dag.

Die Klassieke Kar-trofee het aan Ronnie Grace met sy 1958 Pontiac gegaan terwyl André Eigelaar se 1967 Wolseley die derde plek opgeraap het.

Die organiseerders van die jaarlikse veteraanmotor­k­om­petisie was Maureen Denton, Brenda Coetzee, Nico Haupt en Gideon Fourie was die seremonie­meester vir die geleentheid.

Die span bedank al die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het sowel as die Bergrivier-verkeersbeamptes wat op die dag die konvooi bygestaan het.

’n Spesiale dankie ook aan Weskus Helpers se Jenny Moors.

You need to be Logged In to leave a comment.