Die Junior Verkeersopleidingsentrum is die afgelope Vrydag (17 Oktober) amptelik by die Laerskool Masiphatisane in Vredenburg oorhandig.

Dit is die vyfde sentrum wat in die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) voltooi is.

Die afgelope jaar is soortgelyke sentrums by St. Andrew’s Primêr in Saldanha, die Hoopsig-projek in Paternoster, die Laerskool Diazville en Eden Primêr geopen.

Die skoolgemeenskap verwelkom dié inisiatief in samewerking met die Wes-Kaapse departement van mobiliteit.

Die sentrums bied leerders ‘n praktiese, interaktiewe ruimte vir padveiligheids-

opvoeding, wat help om van jongs af verantwoordelike, veiligheidsbewuste padgebruikers te kweek.

‘n Uitstaande deel van die dag was die gees van gemeenskaps- en belanghebbersamewerking, wat ‘n aktiewe rol in die sentrum se uitleg vervul het.

Verteenwoordigers van die SBM se burgemeesterskomitee, die Wes-Kaapse

departemente van mobiliteit en onderwys en die SBM se openbare veiligheidsdienste-

afdeling het die geleentheid bygewoon.

Die oorhandiging was ook deel

van die aktiwiteite vir Vervoermaand in Oktober.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025