Veritas, Suid-Afrika se oudste wynskou vir markklaar wyne, is vanjaar 25 jaar oud.
Dit word as die mees gesaghebbende skou vir verbruikers beskou, aangesien ten minste 1 200 bottels van elke wenwyn vir die publiek beskikbaar moet wees ná die bekendmaking van die uitslae.
As voorloper tot vanjaar se wynbeoordeling van Veritas in September, word ’n reeks wynproeë in verskillende dorpe in die Boland gehou om die 25 jaar van uitnemende wyne te vier. Dit word deur die uitvoerende lede, almal bekendes in die wynbedryf, van die Veritas-raad aangebied en sal uit ’n verskeidenheid van dubbelgoud- en goud-bekroonde wyne bestaan. Ligte versnaperinge sal ná die proeë aangebied word. Die prys is R150 per persoon en besprekings kan by die Veritas-kantoor gedoen word. Skakel 021 863 1599 of e-pos anka@veritas.co.za