Vele rekords spat by HSH-atletiek

Hoërskool Hopefield (HSH) het Vrydag 17 Januarie sy kleure-atletiek gehou en die dag was vol sport en spangees.


Hoërskool Hopefield (HSH) het Vrydag 17 Januarie sy kleure-atletiek gehou en die dag was vol sport en spangees.

Atlete het vele rekords vir die laer- én hoërskool in sowel die veld- as baanitems opgestel.

Vir die laerskool was daar baie uitblinkers, maar die twee topatlete was Luca Papier wat in die seuns o.10-ouderdomsgroep deelgeneem het en Chrizandi Basson in o.13.

Dié atlete het in drie of meer items deelgeneem. Die ander laerskoolatlete wat rekords verbeter het, was Mienke Teubes (o.11 vir 70 m-hekkies), Anke Mathysen (o.10 vir hoogspring), Keahlah Farmer (o.8 in die 60 m) en Elri van der Westhuizen (o.12 vir spiesgooi).

Anke en Elri het agt jaar oue rekords verbeter en die 60 m-rekord het 11 jaar gestaan. Mienke het egter die hekkiesrekord behoorlik laat spat – ’n rekord wat 28 jaar oud was.

Denmar Jacobs en Anja Prins was die topatlete in die hoërskool.

Nuwe rekordhouers is Anja vir (hoogspring vir meisies o.17, Basson Burger wat die drie jaar oue 400 m-hekkiesrekord verbeter het, Henko Nieuwoudt (o.17) het op sy beurt die 10 jaar oue spiesgooirekord verbeter. Denmar het die rekords vir 110 m-hekkies en hoogspring verbeter.

Dié twee rekords was onderskeidelik 11 en drie jaar oud.

Op die pawiljoen is die geesbeker deur die Blouspan gewen, met die Goue span wat uiteindelik koning op die atletiekbaan gekraai het.

You need to be Logged In to leave a comment.