Veilige gebruik van antibiotika

Die Life Weskus Privaat hospitaal se apteekspan is besig met ’n bewusmakingsveldtog oor die gebruik van antibiotika.


Die Life Weskus Privaat hospitaal se apteekspan is besig met ’n bewusmakingsveldtog oor die gebruik van antibiotika.

Antibiotika-weerstandigheid is ’n wêreldwye gesondheidsbedreiging waaroor medici baie bekommerd is.

Antibiotika-weerstandigheid beteken dat antibiotika wat gebruik word om ernstige infeksies te behandel, minder doeltreffend werk.

Die Life-apteekspan is druk besig om oral by apteke, dokterspraktyke en by die twee hospitale in Vredenburg pamflette en handreinigers uit te deel, want skoon hande verhoed natuurlik besmetting en infeksie.

Behalwe skoon hande kan infeksie onder meer ook voorkom word deur die higiëniese voorbereiding van kos, veilige seks en ordentlike sanitasie. Vermy noue kontak met siek mense.

Jy kan antibiotika-weerstandigheid verminder deur nie antibiotika met ander te deel nie.

Volg altyd die raad van ’n profes­sionele gesondheidsorgwerker wanneer antibiotika geneem word. Besoek jou naaste apteek vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.