Steveno van Rhyn loop onder polisiebegeleiding in die Middelpos- informele nedersetting tydens 'n ter plaatse ondersoek as deel van die hooggeregshofsaak. Foto: Alida Buckle
Steveno van Rhyn loop onder polisiebegeleiding in die Middelpos- informele nedersetting tydens ‘n ter plaatse ondersoek as deel van die hooggeregshofsaak. Foto: Alida Buckle

Met die appèlsaak van Kelly Smith, Boeta Appolis en Steveno van Rhyn wat nou weer in die kollig is, gaan die polisie moet bontstaan om weer allerhande “nuwe” inligting wat vorendag kom, op te volg.

Volgens die kantoor van die provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die polisie Vrydagmiddag (25 Julie) op Middelpos -informele nedersetting in Saldanha neergedaal om inligting oor die verdwyning van die sewejarige Joshlin Smith in Februarie 2024 op te volg .

Polisiespanne onder leiding van speurders van die honde-eenheid, soek- en reddingspanne en die Saldanha-polisie het ‘n geïdentifiseerde gebied in Middelpos waar Joshlin verdwyn het, deursoek, maar niks gekry nie.

'n Jonger Joshlin Smith.
‘n Jonger Joshlin Smith.

Die polisie het benadruk dat hulle ‘n verpligting het om alle inligting wat onder hul aandag gebring word, op te volg en te toets.

Die polisie het die verseker gegee dat Joshlin se spoolose verdwyning steeds ‘n prioriteit is en die ondersoek nog nooit gesluit is nie. Lede van die ontvoeringseenheid was Saterdagaand steeds in die omgewing.

Die gemeenskap van Middelpos en die naburige Diazville bly radeloos en meen die uitgerekte hofsaak wat in die Veeldoelige Sentrum In White City in Mei ten einde geloop het, het meer vrae as antwoorde gelos.

Smith, Appolis en Van Rhyn is skuldig bevind op aanklagte van ontvoering en mensehandel waarvoor regter Nathan Erasmus hulle lewenslange tronkstraf opgelê. Hulle appèlsaak vind op Dinsdag en Woensdag, 12-13 Augustus in die Kaapse hooggeregshof plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025