Undertakers is Weskus se 2024-potspelkampioene

Die balle het behoorlik die praatwerk gedoen toe die laaste ronde van Weskus 8-bal-potspelseisoen vir 2024 beslis is.


Die balle het behoorlik die praatwerk gedoen toe die laaste ronde van Weskus 8-bal-potspelseisoen vir 2024 beslis is.

Undertakers van Phoenix Vredenburg het teen Assassins van Kings Saldanha in die A-afdeling gespeel. Die twee spanne was reg deur die wedstryd kop-aan-kop, maar Undertakers het as die kampioene van 2024 weggestap deur met 11-7 te wen.

Weskus Pool wens al die spanne geluk met hul prestasies en bedank elke speler vir sy toewyding in die 2024- seisoen. Die potspelklub wens ook die spelers ’n suksesvolle 2025 toe.

Daar word dankie gesê aan al die klubs wat potspel so getrou ondersteun het, sowel as Spur Vredenburg en Watergat Langebaan wat ook ondersteuning aangebied het.

Belangstellendes wat by Weskus Pool wil aansluit, is meer as welkom om Inelda Heyns by 066 034 5751 of Gert Hibbert by 083 287 6833 te kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.