Trokbestuurder dood in botsing

’n Trokbestuurder is Woensdagoggend dood nadat hy in die agterkant van ’n stilstaande voertuig gery het. Jean-Paul Mahinica-Muadianzita was ’n drywer vir Liqure Runners ’n vervoer maatskappy in Blackhealth.


’n Trokbestuurder is Woensdagoggend dood nadat hy in die agterkant van ’n stilstaande voertuig gery het.

Jean-Paul Mahinica-Muadianzita was ’n drywer vir Liqure Runners ’n vervoer maatskappy in Blackhealth. Hy en drie kollegas was omstreeks 08:45 op die R45-pad onderweg toe hulle die Moorreesburg-afdraai genader het.

Volgens Kaptein Gotlieb Adams van Hopefield-polisie het ’n trok reeds by die kruising gewag om in Moorreesburg se rigting te draai toe dit van agter getref is.

“Die bestuurder van dié trok het gewag om regs te draai. Hy het glo toe gehoor sy werkers agter op die trok skreeu iets en toe hy in sy spieëltjie terugkyk, was hulle deur die aankomende trok getref.”

Mahinica-Muadianzita is opslag dood terwyl sy kollegas – almal met ernstig beserings – na die Swartland Hospitaal geneem is. Volgens Adams was hulle tydelik vasgekeer in die trok se kajuit.

Hulle is later per helikopter na die Tygerberg-hospitaal vervoer. Die insittendes van die ander trok het geringe beserings opgedoen. Adams sê dié persone is van ’n plaas naby Darling en was instaat om self vanaf die toneel te ry.

’n Saak van strafbare manslag word deur Hopefield-polisie ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.