Twintig jaar gelede is die idee van ’n Christen-huisskool in Langebaan gebore, en vandag is Topolino Privaat Skool ’n volwaardige laerskool.
Oor die jare het stigter en skoolhoof Berdene Smit se skool van ses leerders tot byna 300 gegroei.
“Om ’n skool suksesvol te bestuur, is gedeelde verantwoordelikheid nodig. Daarom speel die ouers en ons gemeenskappe ’n beduidende rol om Topolino as baken van die Weskus te erken,” meen sy.
Topolino het Saterdag 18 Mei sy Wintersportdag as deel van sy verjaarsdagviering verlede week in Hopefield gehou.
Leerders van onder meer Laerskool Saldanha, Hoërskool Hopefield en Curro Onafhanklike Skool het aan rugby, skaak en netbal deelgeneem.