Top-40-Weskusdinge wat jy moet beleef

1. Kyk na fossiele van oerdiere by die Weskus-fossielpark op die R45 naby Langebaanweg. Hierdie diverse fossiele is sowat 5,2 miljoen jaar oud. Begeleide toere en koffiewinkel op die perseel.


1. Kyk na fossiele van oerdiere by die Weskus-fossielpark op die R45 naby Langebaanweg. Hierdie diverse fossiele is sowat 5,2 miljoen jaar oud. Begeleide toere en koffiewinkel op die perseel.

2. BesoekClub Mykonos & Mykonos Casino in Langebaan.

3. Eet die Weskus se beste vis en tjips by Doepies in Velddrif. Doepies kan maar spog dat hulle die beste is, want hulle het die trofee om dit te bewys. Doepies is in 2016 en 2017 as die Weslander se Vis & Tjips-koning aangewys.

4. Eet ’n Moerse Burger by die Juffrou’s Hoogte-gasteplaas buite Vredenburg. Geen verduideliking nodig. Kom kyk self en maak seker jy is baie honger.

5. Gooi borde stukkend by die Bouzouki-restaurant se Griekse aande. Klink lekker, né? Opa! Die restaurant is by Club Mykonos se marina.

6. Koop bokkoms by die visfabrieke in Bokkomlaan, Velddrif. Lees die resep vir bokkom-en-jam-brood op bl. 15.

7. Swem by Kraalbaai in die Weskus Nasionale Park. Pak jou piekniekmandjie en bring ’n dag in die park deur om die streek se wild en natuurskoon te geniet. Kraalbaai herinner aan ’n Griekse eiland. Die water is warm en deursigtig blou. Kom swem en sonbaai. Braaigeriewe is beskikbaar.

8. Drink skemerkelkies en eet pizza of soesji by een van die eetplekke by die Langebaan-strandmeer waar Breëstraat teen die hoofstrand doodloop. Kom waardeer ’n ongelooflike uitsig oor die strandmeer met ’n sambreeldrankie in die hand.

9. Laat die kinders baljaar by Playtime Indoor Playpark in Vredenburg. Slegte weer? Nou weet jy waarheen om te kom.

10. Drink ’n drankie in die Panty Bar, Paternoster. Lees die berig op bl. 13.

11. Besoek die SA Visserye-museum in Laaiplek.

  • 12. Leer in Langebaan.

13. Kyk voëls in Velddrif. Bring jou verkyker en koop ’n voëlboek. Hier is nie net pelikane en flaminke nie. Die moerasagtige vloedvlakte van die Bergrivier bied uitstekende broeiplek vir voëls. Sowat 220 spesies is sedert 2007 in Velddrif gesien.

14. Braai vis. Vars vis is by Charlie’s Fish Shop in Saldanha te koop.

15. Haal jou

eie mossels van die rotse af en maak ’n mosselpot. Maak net seker jy het ’n permit en hou by die bepalings. Permitte is by die poskantoor te koop.

16. Vang of duik jou eie kreef uit. Dis nie so maklik as wat dit klink nie, maar gewis die moeite werd. Hou tog asseblief net by die “kreef-cops” se reëls. ’n Permit is ’n moet! Lees die berig op bl. 10.

17. Drink spesialisbier by die Weskus se eie biermakers. Weskus Brekfis en Moedersmelk is twee van die Black Eagle mikro-brouery se gewildste verkopers. Besoek hul proekamer in Suffrenstraat, Langebaan en moenie vergeet van Darling Brew op die pragtige Darling nie. Darling Brew bied bierproesessies, ’n restaurant en speelplek vir die kinders. Probeer ook Paternoster Brouery se Pilsner, beskikbaar by die Paternoster Hotel.

18. Bring die kinders na die waterglybane by Sunny Park in Langebaan.

19. Gooi jou lyn in op die ongerepte Soverbystrand tussen Laaiplek en Dwarskersbos.

20. Besoek die Rocherpan-natuurreservaat op die Dwarskersbospad onderweg na Elandsbaai – die ideale uitstappie om besondere voëlspesies te ontdek.

  • 21. Drink ’n reuse-melkskommel by

22. Dans en kuier by Watergat op Langebaan. Daar is altyd ’n lekker jol by Watergat met kunstenaars, musiekgroepe of DJ’s. Pak jou dansskoene in.

23. Speel voetgholf saam met jou gesin op die Langebaan-landgoed se Mashie-gholfbaan. Dis net vir die pret. Jy hoef nie eens jou eie gholfstokke te hê nie. Kry dit asook verversings by die Mashie-klubhuis.

24. Vaar op die Bergrivier in ’n plesierboot. Bote vaar van Bokkomlaan in Velddrif af en ook op die Port Owen Marina.

25. Leer oor bye en heuningboerdery by Simply Bee op Hopefield. Die winkel verkoop ook skoonheidsprodukte wat heuning en byprodukte bevat.

26. Ontmoet

’’n Koekedoor by Cup of Cake in Saldanha. Sanet Eigelaar, ’n finalis in die televisiebakkompetisie Koekedoor, is die gasvrou by hierdie oulike koffiewinkel. Haar gebak is ’n belewenis!

27. Eet koffie en koek by die Afsaal-padstal op die Trekoskraalpad tussen Vredenburg en Paternoster – een van die Weskus se bes bewaarde geheime.

  • 28. Koop vars brood en plaasbotter by die

29. Eet viskuite, kaviaar se rowwer boetie. Ongelukkig gaan jy hom nie maklik hierdie tyd van die jaar kry nie. Viskuite is gewoonlik van Maart tot in die wintermaande beskikbaar, maar hierdie lekkerny is gewis ’n egte Weskuservaring wat jy moet probeer voordat jy eendag die emmer skop.

  • 30. Koop

31. Drink vonkelwyn saam met jou geliefde of vriende op ’n seiljag op die Langebaan-strandmeer. Elite Charters Catamaran Cruises vertrek van Club Mykonos se marina, Langebaan.

32. Voel die seebriesie in jou hare op die rug van ’n perd. Doen navraag oor perderitte op die strand by die Oliphantskopsoord in Langebaan.

33. Ry die Klein Tafelberg-4×4-roete tussen Aurora en Redelinghuys. Hierdie roete is deur Driveout Magazine se lesers as die beste 4×4-roete in Suid-Afrika gekies.

34. Gaan op Safari by die Thali Thali-wildreservaat op die R27 oorkant die Langebaan-afdraai. Sien onder meer koedoes, springbokke, bontebokke, duikers, volstruise, jakkalse, skilpaaie, pragtige voëls en kameelperde. 35. Geniet ’n opvoedkundige avontuur by !Khwa ttu naby Yzerfontein langs die R27. Begeleide toere op fietse of te voet leer besoekers meer oor die San-kultuur.

36. Braai by die pragtige Tietiesbaai in die Cape Columbine-natuurreservaat. Bring jou koelsak, braaigoed, hoed en kampstoele en geniet die ongerepte natuurskoon. Dagbesoekfooi betaalbaar by die hek.

37. Terwyl jy by Tietiesbaai kuier, kan jy sommer die spiraaltrap en lere tot bo in die Cape Columbine-lighuis klim.Die pragtige lighuis is in 1936 gebou. Die uitsig van bo af sal jou asem wegslaan.

38. Maak jou hare los by Pirate’s Bar in Langebaan. Die kroeg bied altyd uitstekende vermaak. Moenie die Happy Hour van 16:00 tot 17:00 elke Sondag misloop nie. Wie kan dan nee sê vir twee skemerkelkies vir die prys van een?

39. Bederf jou sintuie met ’n top-sjef se eietydse en seisoenale geregte by Russels on the Port in Port Owen, Velddrif. As jy ’n fynproewer is wat luukse gehaltekos en goeie wyn geniet, kom maak ’n draai. Die restaurant het ’n pragtige uitsig oor die Port Owen-marina en seiljaghawe.

40. Kry spoed op ’n waterponie of rubberboot. Doen navraag by Elite Charters by die Club Mykonos-marina in Langebaan.

You need to be Logged In to leave a comment.