Tito draai nie doekies om

Verbruikers sal volgende jaar effe verligting kry wanneer belasting op toegevoegde waarde (BTW) op witbrood­meel, wit koekmeel en sanitêre doekies opgehef word, het Tito Mboweni, die nuut aangestelde minister van finansies, Woensdag aangekondig.

Albert Fritz, die minister van maat­skaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, het veral die aankondiging van belas­ting­vrye sanitêre doekies verwelkom.

Hoewel die nasionale regering al jare voorsiening maak vir gratis voorbe­hoed­middels, is die fokus op meer bekostigbare sanitêre goedere vir vroue oorgesien.

Maar nou sê Mboweni dat hierdie tekortkoming ’n skadelike uitwerking op tienermeisies se waardigheid en hul toegang tot onderwys gehad het.

Selfs die Universiteit Stellenbosch se regskliniek het vroeër vanjaar bevind dat ongeveer 30% van meisies in Suid-Afrika nie skool bywoon wanneer hulle menstrueer nie omdat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie.

“Dit is verblydend dat Suid-Afrika uiteindelik by lande soos Kanada, Nigerië, Tanzanië, Australië, Libanon, Indië asook Kenia aangesluit het, wat nie BTW vir sanitêre artikels betaal nie,” het Fritz gesê.

Hy het bygevoeg dat almal openlik moet kan praat oor die impak wat menstruasie op tienermeisies het en moet saamwerk om oplossings vir dié probleem te kry.

You need to be Logged In to leave a comment.