Chelsea Carolus (17), ’n graad 11-leerder aan die Hoërskool Weston, en ’n groep meisies van Eden Primêr het Maandag 5 Augustus ’n standpunt teen maatskaplike kwessies ingeneem wat opskuddings in hul gemeenskappe veroorsaak.

Hulle het ’n opvoering van spirituele dans vir leerders van Weston gehou met die tema “Breaking the chains in our community”.

“Deesdae word misdaad, werkloosheid, armoede, geweld en depressie as die norm beskou,” sê Chelsea. “Vroue en meisies word die meeste deur hierdie kwessies geraak. Dis hoekom die projek begin is – om te wys dat dit alles stopgesit kan word. By die Liewe Vader is niks onmoontlik nie. Hierdie is nog net die begin.”

Chelsea sê sy hoop om nog meer meisies by die projek te betrek en bedank Elvin Vraagom, Weston se skoolhoof, vir die geleentheid om dié boodskap aan die leerders oor te dra.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025