Die jongmense van Sisonke, 2Care en Huis Natachia hou môre, Vrydag 4 April, ‘n talentskou by Karitas Spesiale Skool in Vredenburg. Die doel daarvan is om geld in te samel, maar ook om mense met gestremdhede die geleentheid te gee om hul talente bekend te stel. Daar sal ‘n gesing, gedans en soveel meer wees.
Gaste kan ook uitsien na die snoepie wat lekkernye, sop, worsrolletjies, kerriemaalvleisvetkoeke en meer sal verkoop.
Kaartjies kos R100 per persoon en kan vooraf bespreek of by die deur gekoop word. Die talentskou begin om 18:00.
• Bel Natachia by 072 322 4090 vir nog inligting.