Die Tafelberg-kabelbaanmaatskappy (TMACC) in Kaapstad sal sy bedrywighede tydelik sluit vir jaarlikse onderhoud vanaf Maandag 28 Julie tot 3 Augustus 2025.

Alle kommersiële aktiwiteite by die boonste en onderste stasies sal vir die publiek gesluit wees.

Hierdie beplande sluiting is deel van TMACC se voortgesette verbintenis tot veiligheid, betroubaarheid en uitnemendheid in diens. Elke jaar ondergaan die kabelbaan roetine-inspeksies en noodsaaklike opgraderings om te verseker dat die stelsel steeds volgens die hoogste internasionale veiligheidsstandaarde werk.

“Die jaarlikse sluiting is ‘n kritieke deel van ons operasionele kalender,” sê Selma Hercules, uitvoerende direkteur van TMACC. “Dit stel ons in staat om belangrike onderhoudstake uit te voer wat die veiligheid van ons besoekers en personeel, en die voortgesette doeltreffendheid van ons wêreldklas-bedrywighede verseker.”

Belangrike kennisgewing vir stappers:

  • Terwyl die berg self oop bly vir buitelug-entoesiaste, moet stappers en klimmers daarop let dat alle fasiliteite by die kruin en basisstasies tydens die sluiting gesluit sal wees.
  • Dit sluit in VIEWS by De Grendel, TEN67 Eatery, KLOUD Bar, TAP Bar, die Shop at the Top en ander kleinhandelwinkels, sowel as die ablusiegeriewe.
  • Aangesien die kabelkarre heeltemal buite werking sal wees, sal geen ritte op óf af plaasvind nie, dus moet stappers voorberei om te voet terug te keer.
  • Stappers word aanbeveel om genoeg water, versnaperinge en gepaste toerusting vir die staptog saam te dra.

Verjaardagkaartjiehouers: Suid-Afrikaanse burgers met verjaarsdae in Julie of Augustus kan steeds hul gratis verjaardag-retoerkaartjie gedurende hul verjaardagmaand, soos gewoonlik, buite die sluitingstydperk gebruik.

English version

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025