Sonja Vetten, Riana Nothnagel en Mariette Kruger van die Paarl het aan die pretswem deelgeneem. Foto’s: Noluvu Ludidi

Die jaarlikse Velddrif-myl het weereens vanjaar by die Port Owen-marina in Velddrif weggespring. Die geleent- heid het die afgelope Saterdag (8 November) plaasgevind en swemmers van wyd en syd het kom deelneem.

Altesaam 156 swemmers van alle ouderdomme het deelgeneem in onderskeidelik die 1,6 km-, 3 km- en 500 m-pretswem.
Lorika Melck, bemarker van die Velddrif-myl, sê die weer het goed saamgespeel op dié dag en deelnemers was in goeie gees.Sy is opgewonde vir volgende jaar se tiende geleentheid en glo hulle gaan “groot gaan”.

Hulle bedank alle borge wat gehelp het om die dag moontlik te maak, insluitend die hoofborg Harcourts West Coast.

Wenners:

1,6 km: Charles Human 25:29 (skins B), Fallon Finlayson 26:16 (wetsuits C).

3 km: Anieka Louw 31:05 (skins D), Matthew Page 39:27 (skins F), Nathan Linscott 38:19 (wetsuits G),

3 km-veterane: H: Angus McPherson 47:15 en Robbie Herreveld 41:07.

500 m-pretswem: Jean Pretorius 09:42.

Die Hendricks gesin is (van links) Cindy, Mason en Angelo met Logan voor.
Chanel Willard en Elmarie Williamson het al die pad van Strand gekom.
Logan Hendricks het al te vrolik tydens die pretswem gelyk met sy elf-ore in die gees van Kersfees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article