Swemmer van Curro gekies vir om talent nasionaal te wys

Hannah Kiely (17), ’n leerder van die Curro Onafhaklike Skool Langebaan, het in 2017 by die Curro Langebaan-swemklub aangesluit met die doel om ’n sukses van haar swemloopbaan te maak.


Hannah Kiely (17), ’n leerder van die Curro Onafhaklike Skool Langebaan, het in 2017 by die Curro Langebaan-swemklub aangesluit met die doel om ’n sukses van haar swemloopbaan te maak.

Hannah het in ’n jaar en ’n half by die klub verskeie medaljes en pryse losgeswem.

Sy het in Maart vanjaar vier goue en twee silwermedaljes by die Suid-Afrikaanse Junior nasionale groepkampioenskap in die ouderdomsgroep 17-18 jaar gewen.

In April was sy die naas­wenner in die 100 m-rugslag by die Suid-Afrikaanse nasionale senior kompetisie.

Sy was by dié kompetisie ook deel van die aflosspanne van die Wes-Kaap wat een goud, een silwer- en twee bronsmedaljes huis toe gebring het.

Hannah is pas vir die Suid-Afrikaanse senior nasionale opleidingspan gekies en het ’n goeie kans om Suid-Afrika te verteenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.